Hi everybody.
This is my first time on the forum.
This cominig Saturday will be the annual World Rhino day.
Me and my sister wrote this poem about Rhino poaching because it lies very close to our hearts. Unfortunately it is only available in Afrikaans. If there is somebody that would like to translate it for us we will be thankful
Kind regards
Jeannette
BloedmaanOnder skemering van volle maan
word in grasveld ‘n weg van bloed gebaan.
Nog ‘n aanslag op Afrika erfenis
verdwyn met statistieke in duisternis.
Nog ‘n geweerskoot wat in verte weerklink,
nog ’n reus op eie bodem bloedig vermink.
Byl, mes en assegaai
ingespan om af te maai.
Renosters in lang gras, wit en swart
salig onbewus van skuilende smart.
Stropers met gebare van oorlogsgeweld
verander rustig oase in bloedslagveld.
Hou rustig aan met jou sluimerslaap,
ignoreer die probleem jou onwetende swaap.
Hoeveel meer bloedoffers moet daar wees
vir horings wat sogenaamd siektes genees?
Gryp die dag aan na die bloedige maan.
Beklink ons renosters se voortbestaan.
Die kinders van ons kinders verdien ‘n erfenis
van sagmoedige reuse in ons wildernis.